L.I. Coertze, Shakespeare en die W.A.T.
Shakespeare’s work has long been associated with lexicography: compiling dictionaries. This occurred with English dictionaries in the 18th century, and later with languages around the world in the 19th and 20th centuries. For better or worse, as linguists, educators and cultural activists have sought to enhance the ‘formalised’ status of a language - especially in colonial and postcolonial contexts - this has commonly entailed a combination of translating Shakespeare and lexicographical work.
[English text continues below]
Die toneelstukke en sonnette van Shakespeare word lankal geassosieer met leksikografie: die samestelling van woordeboeke. Dit het met Engelse woordeboeke in die 18de eeu begin, en toe het dit met tale regoor die wêreld in die 19de en 20ste eeue gebeur. Taalkundiges, opvoeders en kulturele aktiviste wat die 'formaliseering' van verskeie tale wou bereik - veral in koloniale en postkoloniale kontekste - het dikwels die vertaling van Shakespeare langsaan leksikografiese werk onderneem.
[Blaai af om in Afrikaans verder te lees]
In South Africa, the link between Shakespeare in translation and dictionary compilation is evident in histories of language scholarship and advocacy ranging from Setswana (Sol Plaatje) to isiXhosa (B.B. Mdledle).
The first person to translate Shakespeare into Afrikaans, L.I. Coertze, was a lawyer and scholar who also compiled a bilingual English-Afrikaans legal dictionary with V.G. Hiemstra published in 1948. That same year his Macbeth appeared in print, following the success of his first Shakespeare translation, Hamlet, in 1945. The texts were used for touring productions starring André Huguenet and Anna Neethling-Pohl: Hamlet in 1947 and Macbeth in 1950. (These translations have been digitised and are available via Shakespeare ZA and the Sol Plaatje Archive of Shakespeare in African Languages.)
When Coertze’s daughter Helena Pieterse approached TCC Director Chris Thurman to ask for advice about where to deposit her father’s valuable Shakespearean papers - a collection of manuscripts and typescripts, letters, newspaper clippings, photographs and more - he suggested the Stellenbosch archive of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), South Africa’s primary Afrikaans lexicographical institution.
This week, at a ceremony presided over by WAT’s Executive Director Phillip Louw, the Coertze material was officially handed over. Pieterse shared various recollections of her father and reminded the audience that he always prized nuttigheid - usefulness. She was thus especially pleased that her father’s papers would be available to language and literature researchers, as well as book and theatre historians.
Appropriately, then, Pieterse’s talk was followed by Danie Stander reading extracts from Memoires, his recently-published account of Coertze’s life and work that places particular emphasis on the Shakespeare translations. Stander, a postdoctoral fellow at the University of Stellenbosch, began by pointing to a common misperception: that Shakespeare is “the touchstone of true English, original English, standard English”. On the contrary, Shakespeare was writing at a time when English spelling had not been standardised and there were no official dictionaries of his modest mother tongue.
Since then, of course, Shakespeare has been credited by lexicographers with the first recorded use of dozens of English words and phrases. And, Stander observes, as a result of European (and especially English) imperial aggression, many languages around the world “only achieved hegemonic status when the Bible and at least a sheaf of Shakespeare's plays were translated into them”. This is what translation historians have referred to as the “Shakespeare phase” in language development.
Afrikaans deviates somewhat from this pattern. Enter Lucas Ignatius Coertze (1905-1990), who joined the tradition of “flexing his language’s muscles on the basis of Shakespearean translation” - but who undertook the first full Afrikaans translation of a Shakespeare play in his scraps of spare time. Not many people would translate Hamlet as a kind of leisure activity! But perhaps, in the case of “Oupa Naas”, this is unsurprising; the extract Stander read concludes with the image of Coertze as an older man, “reading dictionaries by the fireside as if they were novels”.
Following Coertze, a number of other Afrikaans translators would take up the Shakespearean challenge. D.F. Malherbe was first with a translation of The Merchant of Venice in 1949. D.P. de Klerk (1959) and Eitemal (1973) both tried their hand at Hamlet - Eitemal started with Macbeth in 1965 and would also complete A Midsummer Night’s Dream (1974) and The Winter’s Tale (1975) - while “sestigers” such as André Brink and Breyten Breytenbach saw their Shakespeare translations as part of their political and ideological opposition to the white Afrikaans establishment. Stander has written extensively about the Shakespeare translations of Anna Neethling-Pohl and Nerina Ferreira, and is well-placed to compare Coertze’s work to that of subsequent Afrikaans translators.
In the Memoires he compares passages from Coertze and Eitemal’s respective translations of Hamlet and Macbeth, finding that the comparison favours “Oupa Naas”. In the extract below, after reflecting on the relationship between Shakespeare, linguistic standardisation and lexicography, Stander shares some quirky biographical insights before dwelling on the interconnectedness of Coertze’s two translations.
In hierdie uittreksel van Daniël Stander se boek Memoires wys die skrywer “‘n gereelde blindekol in die opvatting van die Engelse taal- en letterkunde” uit: “Dat William Shakespeare (1564-1616) se Engels die proefsteen van ware Engels, oorspronklike Engels, standaard-Engels is” . . .
Meerdikwels word dit uit die oog verloor dat Shakespeare sy skrywersloopbaan geloods het in ‘n tyd toe die Engelse taal nog nie met ‘n woordeboek veramptelik is nie, dat ‘n beraamde 90% van sy gehoorlede (sy skryfwerk was, per slot van rekening, eerstens gehoor en nie gelees nie) ongeletterd was (hy het maar af en toe, met groot gebaar en charisma, voor die koninklikes verskyn) en dat die Engels wat voorkom in die vroegste oorlewende tekste wat aan sy skrywershand toegeskryf word, so onsamehangend aandoen; (Engelse) spelling is toe nog nie (nie eens ortografies) gestandardiseer nie en daarom het die spelling van soveel woorde in sy tekste soveel verskillende gestaltes aangeneem en soveel debatte ontketen (wat tans nog loei) betreffende die uitleg daarvan.
Shakespeare word dikwels die erkenning gebied vir sy innovering van sekere woorde, maar elke ander jaar duik sodanige woord op in briewe en joernale van sy tydgenote en voorgangers.
Ek trag hiermee nie om Shakespeare se woordvernuf af te kraak of in twyfel te trek nie. Ek hef dit bloot aan dat hierdie uitsonderlike akteur-dramaturg-digter, soos Oupa Naas homself ook in ‘n tydgewrig bevind het toe sy moedertaal, sy spreektaal nog nie met ‘n woordeboek erkenning gebied is nie.
Vertaalkundige geskiedkundiges praat soms van die sogenaamde Shakespeare-fase in die ontwikkeling van wêreldtale. As gevolg van (veral Engelse) imperiële aggressie, het menige tale eers hegemoniese status verwerf wanneer die Bybel en ten minste ‘n gerf van Shakespeare se dramas daarin vertaal is. Dit is inderdaad ook wat met Afrikaans gebeur het, maar vir Afrikaans was die verloop anders as met meeste ander tale wat hul spiere gebult het aan die hand van Shakespeare-vertaling: Die eerste Afrikaanse vertaler van ‘n Shakespeare-drama - daarby die langste en bekendste Shakespeare-drama - het dit op eie houtjie, in sy “snippertye” gedoen.
Ja, “snippertye”, want Lucas Ignatius Coertze was allermins ‘n voltydse, besoldigde dramavertaler. Hy was, ten tyde die Hamlet-vertaling (1945) Professor in Regsgeleerdheid by die Universiteit van Pretoria waar hy op 28-jarige leeftyd in 1933 aangestel was as die jongste professor in enige vakgebied in Suid-Afrika.
Hy was ‘n toegewyde gade en vader, ‘n outodidaktiese skrynwerker, ‘n verfyner van afval-resepte, ‘n invoerder van uitsonderlike papawers, taalkundige en die ontwerper van die Safaripak - ‘n sartorial fenomeen wat selfs die ikoniese Yves Saint Laurent se aandag en verbeelding aangegryp het en ‘n loopplankreeks geinspireer het. Laasgenoemde is opmerkenswaardig in die lig daarvan dat Oupa Naas die toegang belet is by een of ander vername gebou omrede hy, uitgerus in sy Safaripak, nie geskik geklee is nie. Sy antwoord: “Ek is al by vernamer plekke die deur gewys.”
Deurentyd het hy bekend gestaan dat hy ‘n pleitbesorger van menswaardigheid en morele kompleksiteit van die Regte in ons land was. Later word hy die stigter van die eerste inryteater in Suid-Afrika en stig die maatskappy Ster Films - wat gelei het tot die totstandkoming van ons huidige volwaardige Afrikaanse filmbedryf (mettertyd word Ster Films Ster-Kinekor).
*
Terug na vertalings:
In die voorwoord tot sy gepubliseerde vertaling van Shakespeare se Twelfth Night as Twaalfde Nag (1967) skryf Uys Krige:
As iemand my sou gesê het, sê ‘n paar dae voor ek Twelfth Night begin vertaal het, ek sal nog eendag Shakespeare vertaal, sou ek hom op slag geantwoord het: “Ek sal nie aan Shakespeare raak met ‘n tienvoettang nie. Hy is glad te moeilik. Buitendien, ek is uit beginsel daarteen gekant om Shakespeare in Afrikaans te gaan vertaal. Ons Afrikaners ken almal Engels of, ten minste, ons ken dit goed genoeg om iets so reg op die man af, dramaties en menslik soos ‘n Shakespeariaanse toneelstuk te kan waardeer. Waarom nie suiwer bergwater uit sy bron drink nie wanneer ons aan die voet van die piek staan en dié water skitter hier vlak voor ons? Waarom Shakespeare langs ‘n ompad kry wanneer hy nooit ver verwyderd van ons daaglikse lewe is nie en hy boonop so diep vasgelê is in die Engelse taal soos ons eie goud in die ondergrond van die Witwatersrand. Nie altemit nie, Shakespeare is so ‘n integrale deel van die einste skering en inslag van die Engelse taal dat ons al almal geglimlag het oor die grappie van die Engelse dame wat, ná sy Hamlet vir die eerste keer gesien het, gekla het dat die drama, ‘just a collection of old quotations’ is . . .”
Met sy betrekking van hierdie koddige staaltjie, beantwoord Krige, op stuk van sake, sy eie vraag: In sy moedertaal is Shakespeare oorbekend en indien Afrikaanssprekendes hom reeds in Engels begryp, verrig ‘n Afrikaanse vertaling van sy werk ‘n besondere taak: Dit werk ‘n herwaardering daarvan in die hande.
*
Helena vestig ook my aandag op die volgende: Dat Oupa Naas hom intensief toegespits het op die woordkeuse vir die ruimtebeskrywing van die ligging waar die hekse hul bevind.
In een van Macbeth se vroegste spreekbeurte onderhandel die hekse hul volgende vergaderplek. Die Tweede Heks stel voor “Upon the heath”, wat Oupa Naas vertaal as: “Daar op die kaalte”. Is daar heivelde in Suid-Afrika? Kaalte beskik oor soveel meer sê-krag betreffende hierdie drama se tematiese gemoeidheid - die stroping van die titelkarakter van sy integriteit, sy selfbegrip, sy morele wapens - wat hierdie hekse bewerkstellig. In sy besinning oor vertalingstrategieë skryf Marc Démont oor ‘n woord se “history in the semantic economy of the text” - wanneer sekere woorde (in die bron- én doelteks) herhaal word, hou dit hermeneutiese en eksegetiese implikasies in. Terwyl die verhoogaanwysings in die Shakesperiaanse bronteks bloot aanstip: “Thunder. Enter the three witches, meeting Hecate” voeg Oupa Naas tot hierdie verhoogaanwysings die volgende toe: “‘n Verlate kaalte. Donder en bliksemstrale”. Oupa Naas vertaal Macbeth in die eerste plek vir opvoering, in ooreenstemming met Shakespeare se oorspronklike oogmerk, maar hy hou dit kennelik in gedagte dat sy vertaling ook die drukpers sal haal en dat die leser ‘n ryker lees-ervaring sal geniet as selfs die verhoogaanwysings klop met die dialoog en dat daar deur hierdie wisselwerking ‘n samehang van beeldspraak vermoontlik word om Macbeth se instemming op politieke en morele verarming aan die hand van staatskorupsie te bevorder.
Démont se konsep kan verder benut word indien Oupa Naas se twee vertalings as ‘n interafhanklike eenheid benader word; T.S. Eliot het immers benadruk dat, ten einde een van Shakespeare se tekste te begryp, jy sy ganse oeuvre moes gelees het - hoekom dan nie ook Oupa Naas se twee vertalings só benader nie?
Daar is al geredekawel oor hoe om die bestanddele van die gifbrousel waarmee Hamlet se vader om die lewe gebring is te vertaal - die plante betrokke is buite die leksikale greep van Afrikaans. Oupa Naas besluit om een van die middels te vertaal as ‘n ekstrak van die “taksisboom”. Dít herhaal hy dan ook in Macbeth wanneer die hekse die bestanddele van hul towerpot liries uitpreul: “steggies van ‘n taksisboom”.
Dit is merkenswaardig dat die twee Shakespeare-dramas wat Oupa Naas vertaal politiekgedrewe is - dat dit besinnings is oor integriteit en etiese suiwerheid met betrekking tot heerskappy. Vandaar, vermoedelik, sy konstante betrekking van die taksisboom om die vergiftigingsmotief te vestig - kan dit aan die toeval toegeskryf word dat dit foneties Jan Taks oproep - dit wat ons almal in die smeltkroes van ‘n regering se hekseketel moet werp met die hoop op winsgewende uitkomste vir almal? Hoeveel steggies van die taksisboom moet ons gesamentlik as inhoud van ons land se beurs vermoed . . .
Hoe dit ook al sy: Oupa Naas se vertalings getuig van sy liefde vir taal, veral Afrikaans. In sy persoonlike notaboekie staan daar immers: “Mens groei alleen deur die grootte van sy taal” en “Die uitvoer van ongebreidelde taal is die verantwoordelikheid van die mense wat dit gebruik.” - dit uit die mond van ‘n man wat woordeboeke soos fiksie by die kaggelvuur gelees het . . .